JULIO IGLESIAS IN SUID-AFRIKA HIERDIE OKTOBER!

JULIO IGLESIAS IN SUID-AFRIKA HIERDIE OKTOBER! 

Gedurende Oktober 2016, as deel van sy Wêreld Toer, sal die legendariese Julio Iglesias uiteindelik terugkeer na Suid-Afrika weens gewilde versoek. Meeste aanhangers in Suid-Afrika sal tere herhinneringe hê van ‘n aand om dans op Julio Iglesias treffers. Wie sal die “Langarm”  en “ Tango” dans op sy mid-tempo platinum treffers of krag-ballades vergeet gedurende ‘n troue, fees of daardie spesiale vakansie in Hartenbos of Mosselbaai. Liedjies soos “Quiereme Mucho”, “Hey”, “Moonlight Lady”, “Un Canto A Galicia”, “Por Una Mujer” en die massiewe Suid-Afrikaanse gunsteling van alle tye, “To All The Girls I Loved Before”, sal deel wees van sy vertonings in Suid Afrika. Al sy treffers in een unieke vertoning!

Julio Iglesias toer tans die wêreld en sal Suid-Afrika besoek voor hy reis na Sri Lanka as deel van sy Wêreld Toer. Julio sal optree saam sy fantastiese orkes en dansers en die konsert belowe om jou te betower met asemrowende verhoog ontwerpe en dekor. Die Julio Iglesias SA Toer skop af by Moreleta Ouditorium in Pretoria op 19 Oktober and die finale konsert vind plaas in Johannesburg op 23 Oktober in Carnival City se “Big Top Arena”. Drie betowerende aande saam die legende wat jy nie kan misloop nie!

Julio Iglesias is the mees bekende Latynse kunstenaar in musiek geskiendenis met ‘n onstuitbare loopbaan van 47 jaar, 300 miljoen album verkope wêreldwyd, ‘n prestasie van 2600 goud en platinum rekords en 5000 konserte. Hy is ook vereer in die “Grammy” en “ Billboard” toekennings. Julio Iglesias het opgemerk dat hy uitsien na die Suid-Afrikaanse been van sy Wêreld Toer. Maak seker dat jy nie uitmis op hierdie onvergeetlike ondervinding nie.

Julio Dates

Tickets for Pretoria available at iTickets

Tickets for Pretoria available at iTickets

Tickets for Cape Town and Joburg at Computicket

Tickets for Cape Town and Joburg at Computicket

Comments are closed.