Dana Winner In Suid-Afrika

Dana Winner dra haar nuwe treffer, As jy my kon verstaan, aan haar Suid-Afrikaanse aanhangers op.

Met slegs twee maande oor voor haar twee Special Arena Shows in Johannesburg en Kaapstad, bring die Belgiese sangeres Dana Winner ’n splinternuwe treffer uit wat spesiaal as huldeblyk aan haar derduisende Suid-Afrikaanse aanhangers opgedra word. As jy my kon verstaan is ’n lied met passievolle lirieke oor die liefde. Dit sal Suid-Afrikaners aan Dana Winner se eerste Suid-Afrikaanse treffer, Droom van my geluk, herinner.

As jy my kon verstaan is die tweede enkelsnit van haar jongste album Bloom wat tans by alle groot musiekhandelaars landwyd beskikbaar is en dis een van die liedjies wat Dana tydens haar Special Arena Shows in Suid-Afrika gaan opvoer.

“Ek kan nie wag om hierdie ervaring met my Suid-Afrikaanse aanhangers te deel in die land wat soos my tweede huis voel nie. Albei arenas is ongelooflik en gee my hoendervleis. Tydens my besoek sal ek ook deur my uitmuntende orkes en span uit België vergesel word om hierdie produksie onvergeetlik te maak,” sê Dana.

“Ek sien daarna uit om al my grootste treffers, wat soveel goeie herinneringe van Suid-Afrika terugbring, op te voer vir al my aanhangers wat my altyd tuis laat voel.”

Bron: Vrouekeur

Comments are closed.