Sneeuwitjie – Emperors Palace

'n Splinternuwe Afrikaanse pantomime op die verhoog by Emperors Palace: Sneeuwitjie 

“Hare so swart soos roet, vel so wit soos sneeu, lippe so rooi soos bloed…”

’n Splinternuwe Afrikaanse pantomime leef van 6 MEI TOT 12 JUNIE 2016 op die verhoog van Emperors Palace. Vars op die hakke van die opspraakwekkende ASPOESTERTJIE (Cinderella) gee SNEEUWITJIE (Snow White) magiese gestalte aan die tydlose vraag “Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie is die mooiste in die land?”

Die produksie spog met groot name in die Suid-Afrikaanse musiek en in die teaterwêreld, ook aan beide kante van die verhoog: Die immergewilde NADINE as Sneeuwitjie en die legendariese ANGELA KILIAN as die bose Koningin, met die gesogte HEIDI EDELING as Musikale Regisseur.

REYNARD SLABBERT maak die sprong van TV na verhoog en sluit by hulle aan as die Prins, terwyl gunstelinge soos TIAAN RAUTENBACH en CLINT LESCH weereens gehore gaan laat skaterlag.

Onder die vaandel van Add-Life Productions – vervaardigers van ESTER, DROOMKIND, LIEFLING, FROM THE FOOTLIGHTS  en natuurlik ASPOESTERTJIE en met Regisseur WESLEE LAUDER aan die stuur, beloof SNEEUWITJIE om nog ’n hoogtepunt in Afrikaanse teater te wees. 

Bring die hele gesin na ’n wonderwêreld van klank en kleur wat kinders sal betower, en grootmense weer soos kinders sal laat voel! Kaartjies* by Computicket vanaf slegs R150.

*R5 van elke kaartjie wat verkoop word gaan aan die CMR se Kersfeesfonds vir behoeftige en mishandelde kinders. Vir meer inligting oor hierdie wonderlike projek, kontak gerus vir Anja le Cornu by marketing.cmrn@gmail.com of op 082 773 6000

Hoofspelers:

Nádine, Angela Kilian, Reynard Slabbert

 

Vervaardig deur:

Add-Life Productions

Regisseur:
Weslee Lauder

Musikale Regisseur:
Heidi Edeling

Stelontwerpers:
Renier Keyser en Nadine Minnaar

 

Choreograaf:
Shelley Adriaanzen

Meer oor Nádine

Meer oor Angela Killian

Meer oor Reynard Slabbert

Meer oor Add-Life Productions

Renier en Lise-Marie Keyser

12x9 Portrait (1895x2500)

MEER INLIGTING 

Genre:
Afrikaanse Pantomime 

Datums:
6 Mei tot 12 Junie 2016 

Teater:
Theatre of Marcellus by Emperors Palace 

Kaartjiepryse: R150 – R250

Kaartjies beskikbaar by:
www.computicket.com of 0861 915 8000 Of  www.emperorspalace.com

Spesiale afslag beskikbaar:
10% afslag vir pensioenarisse
10% afslag vir groepe van 10+
R120 kaartjies op Vrydae om 11:00 vir groepe van 30+

Comments are closed.