Sy Klink Soos Lente – Afrikaanse Fliek

Sy Klink Soos Lente - Romantiese Komedie

Ben, ’n werktuigkundige by ’n JohannesburgsePost Image 1 motorhandelaar, en Linda, ’n beeldskone,
slim rooikop (vertolk deur die pragtige Amalia Uys), se paaie kruis een aand. Ben herken haar dadelik en weet dat Linda sy baas se dogter is, maar sy weet nie wie hy is nie. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar en in ’n waansinnige en onsekere poging om sy identiteit te verdoesel, jok Ben vir Linda en sê hy is in ’n band.

Maar Ben en Linda se liefde blom onverwags en hy besluit dat as hy goed genoeg vir Linda wil wees, hy sy wit leuntjie moet bewaarheid. Hy begin saam met ’n paar medewerkers ’n band en hul skryf in vir ’n battle-of-the-bands kompetisie. Dit blyk egter vinnig dat ’n musiekloopbaan nie in elke man se broek sit nie. En wat gaan gebeur as Linda uitvind dat Ben vir haar gejok het?

Akteurs:
Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie, Wilson Dunster, James Cunningham, Darren Kelfkens, Bouwer Bosch en Tina Kruger

Sy Klink Soos Lente word landswyd uitgereik in teaters op 30 September 2016.

Sosialemediaskakels:

Webtuiste:                Sy Klink Soos Lente

Facebook:                www.facebook.com/SyKlinkSoosLente

Twitter:                   @SKSLFilm

 

Comments are closed.