Eintlik Nogal Baie Fliek – Lokprent Is Hier

‘n Nuwe Afrikaanse fliek met sjarme wat toewyding in ander gaan inspireer!

Uit die pen van Jarrod de Jong en Pieter Oosthuizen, bring M4gic-J Entertainment eersdaags ‘n nuwe, opwindende Afrikaanse film, Eintlik Nogal Baie, na die silwerdoek. Die film is vervaardig deur Jarrod de Jong  en die regie is behartig deur Jacques Brand (The Blanket, Die Laaste Ure).

 

Eintlik Nogal Baie is gebaseer op ‘n draaiboek, naamlik Ally, met karakters geskep deur Jarrod de Jong. “Met ‘n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en ‘n storie wat gelaai is met ‘n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie, bring Eintlik Nogal Baie ‘n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer,” se de Jong. “Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ‘n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat sy lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ‘n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks- kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse. Kykers kan defnitief genoeg sneusdoekkies byderhand hou wanneer hulle die film gaan kyk,” voeg de Jong by.

Die rolverdeling sluit baie bekende en gewilde name soos André Lötter, Marisa Drummond, Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times en Hein die Vries en ander in.

André Lötter is bekend vir sy rolle in die televisiereekse Villa Rosa (waarin hy die rol van Liam le Roux vertolk en het The Royalty Soapie Toekenning ontvang in 2015 vir Beste Manlike Skurk in ‘n sepie) en 7de Laan(waarin hy tans die rol van Rickus Welman vertolk).  “Dit is defnitief ‘n film wat die hartsnare prikkel en jou weer laat glo in die lewe. Om die rol van Jay te kon vertolk, was baie bevredigend en het my as mens en akteur verdiep”, se Lötter.

Marisa Drummond is ‘n toegewyde ma en kunstenaar. Haar entoesiasme vir die vermaaklikheidsbedryf is aansteeklik. Sy is ‘n aktrise bekend vir haar rolle in gewilde sepies IsidingoVilla Rosa, en Binneland (waarvoor sy The Royalty Soapie Toekenning ontvang het in 2014 vir Beste Vroulike Skurk in ‘n sepie). Sy het onlangs ook uitstekende spel gelewer in die spioenasie reeks, Fluiters, op kykNET.

Eintlik Nogal Baie is vervaardig in samewerking met The National Film and Video Foundation en The DTI en word deur Times Media Films versprei. Die film word op 24 Augustus 2016 om 16h00 by die kykNET Silwerskermfees vertoon.

Eintlik Nogal Baie word landswyd uitgereik in teaters op 4 November 2016.

Sosialemedia Skakels:

Website:                 www.eintliknogalbaie.co.za
Facebook:                www.facebook.com/eintliknogalbaiemovie
Instagram:              www.instagram.com/eintliknogalbaie
Twitter:                   @ENB_movie

Comments are closed.